Inni-Woud Tye

Die diere, feëtjies en dwergies staan sommer vroeg op in die oggend en sal om 07:00 elke oggend vir die maatjies die hekke oopsluit.

Maatjies kan gehaal word vanaf 14:00 tot en met 17:30 (of soos vooraf gereël met juffrou)

Aan die einde van die dag wil die diere, feëtjies en dwergies ook almal gaan slaap en sluit hulle weer die hekke om 17:30.

Indien die kleuterskoolure oorskry word, sal daar ‘n boete van R80.00 per kwartier, of deel daarvan, wees. Boetes sal aan die einde van die maand by skoolfonds gevoeg word.

Die Woud is oop van Maandag tot Vrydag, maar sal…
  • gesluit wees op alle publieke vakansie dae, want dan is die diere, feëtjies en kabouters ook ‘n bietjie met vakansie.
  • gesluit op alle addisionele skool vakansiedae soos uiteengesit deur die Departement van Onderwys (maar is oop gedurende skoolvakansies)
  • Net soos mense, gaan die diere, feëtjies en kabouters ook elke jaar op vakansie. Hulle gaan graag na Rus-‘n-Bietjie Vakansiebos en dus sal die Kleuterakademie jaarliks gesluit wees vanaf rondom 16 Desember, of naaste dag hieraan soos vooraf bepaal deur die skoolbestuur tot die tweede week in Januarie (datums sal vooraf bekend gemaak word).
 

Kuiertyd by Inni-Woud

Om te verhoed dat kleuters ontstel word en die klassies ontwrig word versoek ons dat geen ouers tydens "klastyd" hul kleuter sal besoek of bel nie.

Daar sal van tyd tot tyd ‘n uitnodiging aan ouers gestuur word om te kom kuier by Inni-Woud sodat mammas en pappas ook kan probeer doen wat jul kleuters doen en kan sien hoe hard ons kan werk en speel.

 

Etenstyd Inni-Woud

Die bytjies staan dou-voor-dag op om vir die maatjies heerlike ontbyt te maak en etenstyd is van 7:40 – 8:00. Alle maatjies wat na 08:00 kom moet asseblief ontbyt by die huis nuttig.

Teetyd is elke dag 10:00 en weer na rustyd in die middag. Dit is die skoenlappers se taak om vir die maatjies ‘n gesonde peuselhappie (vrugte, koekies, toebroodjies ens.) en ietsie om te drink (tee/vrugtesap/melk/water) saam te vlieg.

Die drie beertjies maak elke middag seker dat al die maatjies ‘n goed gebalanseerde ete kry wat al die belangrike voedselgroepe insluit om seker te maak almal word mooi groot en sterk.
 

Afwesigheid/Siekte Inni-Woud

Dit is vir al die diertjies by Inni-Woud baie lekker om elke dag al die maatjies daar te hê, maar hulle vra groot asseblief dat mammas en pappas asseblief die maatjies by die huis sal hou indien:
  • Hulle koors en of seer kele het.
  • Hulle diarree het en/of naar is.
  • Kopluise het.
  • Hulle enige kindersiekte het (bly tuis tot siekte opgeklaar het en dokter sê dis veilig om terug te keer).
  • Hulle enige ander aansteeklike siekte het (bly tuis tot siekte opgeklaar het en dokter sê dit is veilig om terug te keer).
  • Covid 19 positief is
Indien ‘n maatjie afwesig is vra ons dat mamma of pappa asseblief die skool in kennis sal stel.
 
Medikasie

Daar word ongelukkig geen medikasie by die skool toegedien nie.
 
My Inni-Woud "toerusting"

Elke maatjie wat die Woud binnegaan moet onthou om al hulle toerusting saam te bring...
  • ‘n tas met jou naam op, en in die tas 2 stelle ekstra klere en ook iets warms om aan te trek indien die weer dit vereis.
  • ‘n hoed en sonskerm vir buitespeel tyd
  • en onthou asseblief ons kan dalk vuil word by Inni-Woud, so trek lekker gemaklike kleertjies aan wat maar kan vuil word.
  • 4 pakke wetwipes en 4 bokse tissues met die eerste skooldag en weer in die middel van die jaar (briefie sal uitgaan)
 
Inni-Woud Verjaarsdag Maatjies

"Veels geluk liewe maatjie" is seker een van alle kinders se gunsteling liedjies en juis omdat verjaarsdae so ‘n groot en belangrkie deel uitmaak van elke kleuter se grootword, moedig ons u graag aan om u kleuter se verjaarsdag met sy/haar maatjies by die skool te deel. U kan net vooraf met die juffrou reël.
 
Uit-en Instappies

Indien daar enige uitstappies plaasvind gedurende die jaar sal ons u vroegtydig in kennis stel en u ook versoek om ‘n vrywaringsvorm in te vul.

Instappies sal plaasvind op die skoolterrein gedurende klastyd.
 
Buite Kurrikulêre Aktiwiteite

Wat Inni-Woud anders maak as meeste skole is dat alle buitemuurse aktiwiteite ingesluit is by die skoolfooie.

Die aktiwiteite sluit die volgende in:
  • Kiddisport – hier leer kleuters die basiese begrippe, reëls en vaardighede van ‘n groot aantal sportsoorte, onder andere rugby, netbal, tennis, krieket ens.
  • Kinderkaperjolle – verskillende dansvaardighede en bewegings, ritmies en gimnasties, word aangeleer.
  • Pikanini Musiek – ‘n musiek program waarin kleuters op hul vlak geleer word van musiekteorie, ritme, instrumente en luistervaardighede.
  • Trippe, Trappe, Tone – ontwikkel die klein en groot motoriese vaardighede, hand-oog en voet-oog koordinasie, middellyn kruising en vele meer deur middel van bal en soortgelyke speletjies.
  • ABC: Do you speak English? – ‘n Engelse lessie op Vrydae waarin basiese begrippe, gesprekke, liedjies en rympies aangeleer word.
 
Addisionele Aktiwiteite

  • Liggaamlike Opvoedingsles – 2 keer per week
  • Bak en Brou – elke Vrydag
  • Bakkersdag – elke laaste Vrydag van die maand (R5).
  • Poppekas – elke eerste Vrydag van die maand.
  • Sensoriese aktiwiteite – elke Vrydag. Verskeidenheid sensoriese en arbeidsterapie aktiwiteite word met alle kleuters gedoen.
 
Inni-Woud Projekte

Ons loods een maal per kwartaal `n fondsinsamelingsprojek om geld in te samel om die Woud nog meer aanloklik te maak vir die maatjies en ons vra pappas en mammas om ons te help en te ondersteun met die projekte. Ons doen ook een keer per jaar `n liefdadigheidsprojek.
 
Die Inni-Woud Bank

Minister Renoster is aan die stuur van sake by die Inni-Woud Bank. Hy het ‘n paar reëls neergelê om dinge vir almal te vergemaklik:

Inni-Woud Fooie:
  • Betaalbaar vir 12 maande
  • Fooie moet teen die 3de van elke maand betaal wees. 10% rente word gehef op agterstallige fooie.
  • Jammer geen tjeks word aanvaar nie.
  • Elektroniese inbetalings: FNB, 62758140116, Takkode: 250655, Tjek, Verwysing: Kleuter se naam en van.
(Direkte betalings – gebruik maatjie se naam en van as verwysing en voorsien ons met ‘n afskrif van die depositostrokie.)

Nuwe Inskrywings:
  • R350 Registrasiefooi (nie-terugbetaalbaar) + skoolfooie
Sluit ‘n skool hempie en administrasie koste in.

Reeds ingeskryf (2de en 3rde jaar ens):
  • Slegs die bedrag vir die nuwe jaar se skool hempie + skoolfooie
Skoolfooie vir 2024:
1 kind R2920 per maand
2 kinders R5690 per maand

Bank Besonderhede
FNB
Rek nr: 62758140116
Takkode: 250655
Tipe: Tjek
Verwysing: Kleuter se naam en van
 
Babaklas

Die klein olifantjies is baie opgewonde om nuwe maatjies by te kry en kan nie wag vir klein kindergesiggies om ‘n plekkie te kom inneem in hulle klassie nie.

Elke baba het sy/haar eie bedjie (kot) en ons vra dat mamma en pappa asseblief 2 kombersies (merk asseblief) sal verskaf vir hul baba se bedjie.

Babas hou daarvan om te slaap – maar hulle hou ook daarvan om gestimuleer te word, daarom is babas net in hul bedjies tydens slaaptyd.

Daar is heelwat speelplek in hul klassie en die eekhorinkies het die hele winter aan speelgoed bymekaar gemaak wat geskik is vir babahandjies.

Babagym en musiekstimulasie maak ook deel uit van die daaglikse program van die babas om hul sodoende te help op hul mylpale te bereik. Ons volg ook die We.Can.Talk program waar ons babas gebaretaal leer.

Voorsien asseblief die volgende (merk alles duidelik met baba se naam):
  • 8 Doeke per dag
  • Ekstra klere
  • Boudjiesalf (indien gebruik word)
  • Enige ander rome
  • Eie bottles en melk
  • Wetwipes (1 pak per maand of soos benodig word)
  • Hoed
Om die babas gesond te hou, maak ons elke dag vir hulle voedsame kossies gaar – sodra mamma en pappa die ja-woord gee, sal babas pap kry om te eet vir ontbyt en vars tuisgekookte groente/vrugte puree ens. vir middagete.
 
Sel: 083 310 7308
Epos: info@inni-woud.co.za

Inskrywingsvorm kan hieronder afgelaai word:
.pdf formaat

Maandag - Vrydag
07:00 - 17:30
Maaitjies kan gehaal word vanaf 14:00
Publieke en alle addisionele skool vakansiedae gesluit
Oop gedurende skoolvakansies

FNB
Rek nr: 62758140116
Takkode: 250655
Tipe: Tjek
Verwysing: Kleuter se naam en van
© Kopiereg 2024. Inni-Woud.co.za. Alle regte voorbehou.
Terme van Gebruik | PAIA & POPIA Manual | Kontak Ons | Tuisblad